| Die Lydenburg Vastrappers |
|
Die Lydenburg Vastrappers is 'n klassieke voorbeeld van Boeremusiek in sy oorspronklike vorm - soos gespeel op die platteland waar dit in die 19de eeu begin het. Die lede van hierdie orkes het reeds vroeg in die 20ste eeu begin musiek maak. Die naam Winterbach is sinomiem met Lydenburg en die stigters van die Lydenburg Vastrappers. |
|||
![]() Chris en Baba Winterbach |
Chris en Baba Winterbach, die stigters van die
Lydenburg Vastrappers was gebore en getoë Lydenburgers.
Die dorp Lydenburg is deur die Voortrekkers in 1850 gestig onder leiding van Andries Potgieter. Die naam het sy ontstaan as gevolg van die lyding wat die trekkers deurgemaak het met malaria. Die Voortrekker Abel Erasmus, was een van die eerste grondeienaars en sy seun, Klaas Erasmus, was lid van die Lydenburg Vastrappers. Abel Erasmus het op die plaas Grootboom in Orighstad gewoon waar Klaas gebore is. |
||
![]() |
Chris en Baba Winterbach het spontaan saam met Chris Chomse musiek begin maak en later het Klaas Erasmus saam begin speel. So het die Lydenburg Vastrappers mondig geword! |
![]() |
|
|
Chris Chomse |
Klaas en Mev. Erasmus |
||