|











| |
| |
Uitbouing van Boeremusiek
|
 |
|
| |
Om boeremusiek uit te bou of te wel te
bevorder is geen maklike taak nie!
Om die waarheid te sę, sonder TV of Radio, is dit amper 'n onbegonne taak.
Vandaar die verskillende klubs. Dit bring mens nader aan die lede en ander
boeremusiekliefhebbers. Daarom bly ek sę: Ollie Viljoen se TV kompetisie
tussen 1980 en 1994, was 'n groot hupstoot vir boeremusiek. Jammer die
kompetisie het ten einde geloop. Die nuwe kompetisie op kykNET is darem weer
besig om momentum op te bou.
Boeremusiek word op beide die Radio en TV afgeskeep.
Volgens die twee media is die kyk en luister getalle baie klein. Ek glo
anders. Die boeremusiekondersteuners is te lam om hulle stemme te laat hoor!
Ek het by 'n vergadering op 'n Saterdagaand waar 800 Boeremusiekliefhebbers
bymekaar was, die mense baie mooi gevra om die SAUK die volgende Maandag te
skakel en vir meer boeremusiek moet vra. Slegs 2 persone het geskakel. |
|
| |
Boeremusiekorganisasies |
|
|
| |
|
|
|
|
| |
Tradisionele Boeremusiek
Klub van Suid-Afrika (TBK) |
 |
|
| |
Op 12
Maart 1981 is die Konsertinaklub van Suid-Afrika gestig. Die Klub het 'n
naamsverandering ondergaan in 1989 na die Tradisionele Boeremusiek Klub
gestig is. Die Tradisionele Boeremusiek Klub spits hom toe op tradisionele
boeremusiek soos wat dit in die dertigerjare van die vorige eeu gespeel was;
voordat elektrisiteit bestaan het. Slegs akoestiese kitare word toegelaat
wanneer tradisionele Boeremusiek gespeel word. |
|
| |
 |
|
| |
Hier is 'n foto
van die Konsertina Klub van SA (later TBK) by die eerste vergadering nadat
Faan Harris se grafsteen opgerig is. Agter van links na regs staan: Johannes
le Grange, Piet Bester, Kalie de Jager, Jasper Vlok, Stephaan van Zyl. In
die middel sit Tom Senekal en voor sit Danie Labuschagne, Plato Michael en
Lourens Aucamp. Kyk hoe jonk was die manne! Tom was op daardie stadium
voorsitter. |
|
| |
Die Boeremusiekgilde
Die Boeremusiekgilde bevorder boeremusiek in al sy vorme en
laat dit aan die musikant oor om sy talente te beoefen soos hy dit verkies. |
 |
|
| |
Die Boeremusiekgilde is op 9 Oktober 1989 gestig.
Ollie Viljoen was die eerste voorsitter van die Gilde. Die Gildewerksaamhede
word bedryf vanuit twee streke , te wete 'n Noord- en 'n Suidstreek.
Verskeie takke is aktief werksaam in elke streek. |
|
| |
Die Media |
|
|
| |
|
|
|
|
| |
Hoe kan die
media Boeremusiek uitbou? |
|
| |
|
|
|
|
| |
Suid-Afrika beskik oor 'n magdom van radio
uitsaaistasies wat Boeremsusiek kan bevorder en uitbou.
Op hierdie tydstip is daar heelwat van hierdie stasies wat Boeremusiek wel
bevorder. Ek dink hier byvoorbeeld aan Radio Sonder Grense, Radio Pretoria,
Radio Ifm, Radio Overvaal Stereo, Radio Oosrand en Radio Triomf om maar 'n
paar te noem. Ons is baie dank verskuldig aan hierdie stasies. Wat oorbly
is dat Boeremusiekliefhebbers hierdie( en ook ander) radiostasies aktief
moet ondersteun.Hedendaagse tegnologie en elektronika bied gelukkig 'n
uitstekende geleentheid om die musiek van die verlede te laat herleef.
Verskeie persone en instansies is dan ook tans bedrywig om gewilde
Boeremusieknommers terug te plaas op laserskywe. Ekself het reeds die beste
van musikante soos Faan Harris, Silver de Lange, Japie Laubscher, Dirk Laas
en vele ander op laserskyf gesit. Kyk by Boeremusiek CD's
na al die musiek wat op laserskyf beskikbaar is by Alfa Ateljee. U is ook welkom om met
my te skakel indien u nommers wat nie meer in die handel beskikbaar is nie
graag wil bekom. Ek het 'n baie groot verskeidenheid waaruit u kan kies. Vir
u gerief plaas ek weer 'n skakel na my e-pos adres hier... |
|
| |
|
 |
|
|
| |
 |
|
|
| |
Klik op die Radio Pretoria logo hier bo om hulle
webblad te besoek! |
|
| |
Ek was hierdie week letterlik rooi in die gesig.
Ek het die vrymoedigheid gehad om aan Radio Pretoria vonkpos te stuur en
hulle uit te nooi om na my webblad te loer. Ek was op 'n baie mooi manier
tereggewys dat die Uitsaaistasie wat die meeste boeremusiek speel, skaars
genoem word op my webblad! Dit is 'n fout wat ek onmiddellik wil regstel en
ek sę graag die volgende:
Toe die stasie in 1994 gestig is was dit van die begin af duidelik dat
Boeremusiek - die Afrikaners se eie musiek - sy regmatige plek sou kry.
Veral Tim van der Westhuizen was baie betrokke met die direkte uitsendings.
Ekselwers het die voorreg gehad om die program - Gildeklanke - tydens my
ampstermyn as voorsitter van die Boeremusiekgilde, aan die gang te kry. Ons
het vir Nico van Rensburg gevra om ons amptelik te verteenwoordig. Die
program is nog steeds op die lug alhoewel onder 'n ander naam maar Nico is
nog steeds die aanbieder. . Na 12 jaar is Radio Pretoria nog net so betrokke
by Boeremusiek. Een van hulle personeellede - Hors Prinsloo - se pa - Nans
Prinsloo - was 'n vermaarde Boeremusiek Tromspeler en het dikwels saam met
die legende - Fanie Bosch - opgetree.
Radio Pretoria moet net waak teen slordige Boeremusiek. Net soos enige ander
musiek is boeremusiek ook onderworpe aan die reels van musiek soos tyd en
musikale akkoorde. Nou is dit so dat Boeremusiek nie bladmusiek het nie met
die gevolg dat hy hom oop laat vir misbruik of liewer wangebruik. Vir die
oningeligte klink die musiek reg maar dit is baie slordig. Dit laat
Boeremusiek wawyd oop vir kritiek. Deur die standaard te lig kan ons
Boeremusiek 'n groot hupstoot gee.
|
|
| |
Dr. André Korkie het so pas sy kragte by Radio Pretoria ingegooi en is besig om
puik Boeremusiekprogromme saam te stel. André beplan ook om die
programme op Radio Platorand aan te bied. Ons sien regtig uit daarna. Ons
hoop om ook later meer oor sy programme te gesels. Besoek gerus later weer
my blad om te sien oor watter musikante Andre by Radio Pretoria gesels. |
 |
|
| |
|
Dr. André Korkie |
|
| |
Radio Sonder
Grense en Radio IFM |
|
| |
|
|
| |
Slegs 'n paar van ons vriende by die
uitsaaimedia op hierdie stadium is: |
|
| |
 |
Tinus Esterhuizen en Fonnie du Plooy van Radio Sonder
Grense
Susan van der Merwe van Radio Ifm; |

|
|
| |
Tinus Esterhuizen |
|
Susan van der Merwe |
|
| |
Het u enige voorstelle oor ander maniere waarop ons kan
verseker dat Boeremusiek lewendig gehou word? Stuur asseblief vir my e-pos
sodat ons gedagtes hieroor kan uitruil! |
|
|