|











| |
| |
1986 TV
Boeremusiek Kompetisie |
|
| |
Ek ontvang reeds geruime tyd navrae
oor Boeremusiek op DVD en kry ook versoeke om videos op DVD te plaas. Ek gee
nou aandag aan hierdie versoeke . Dit is natuurlik toelaatbaar om videos op
DVD te sit solank dit nie deur die eienaars van die DVD herverkoop word nie.
Hierdie DVD's is 'n eerste poging om die goeie musiek wat tydens die TV
Kompetisies gespeel is sodoende beskikbaar te stel vir die huidige geslag
Boeremusiekliefhebbers. So behoort dit dan ook minstens vir die nageslag
bewaar bly.
Die DVD is nie bedoel om 'n
verbatim weergawe van die kompetisie te wees nie maar eerder om lekker
kyk en luister vermaak te verskaf. Ek is natuurlik iirtyug dat hierdie
uitsendings van Ollie Viljoen 'n hoogtepunt in die geskiedenis van
Boeremusiek is. Net jammer dat daar altyd gekompeteer moet word om
Boeremusiek op die kassie te kry!
Die DVD's van die 1986 TV
Boeremusiek Kompetisie word aangebied in drie dele: |
|
| |
DVD002:
1986 TV Kompetisie Deel 1 |
|
| |
 |
Die orkeste van onder
andere Koos Barnard, Dirkie Smit, Tiny Mey, Pat Maloney, Danie Barnard,
Fanie Botha, Mynie Reyes en Stefaan van Zyl speel op hierdie DVD.
Hennie van Loggerenberg (links) was
die hoof beoordelaar in die kompetisie en Gerhard Viviers (Regs) die
aanbieder. |
 |
|
| |
|
|
|
|
| |
 |
Die volgende orkeste speel onder andere in die
1985 TV Kompetisie Deel 2: Danie Barnard , Fanie Botha, Eddie Wilkinson,
Corrie Nortje, Boetie Kallis, Piet Theron, Blackie Swart (SAP Junior Orkes),
Christo van Rensburg. |
 |
|
| |
DVD004:
1986 TV Kompetisie Deel 3 |
|
| |
|
|
| |
 |
Van die orkeste en
musikante in Deel 3 sluit onder andere die volgende in:
Die orkeste van Adam Grobler, Paul Ferns, Manie
Bodenstein ( SAP Orkes) en Boetie Kallis. Onder die musikante was ook:
Hennie Strydom, Manie Erasmus en Thys Langeveldt. Min dames was te siene
onder die musikante behalwe vir 'n klavierspeler in Piet Theron se orkes.
Miskien kan oom Piet ons laat weet wie die dame was? |
 |
|
|