![]() |
Musikante |
|
Hierdie blad word opgedra aan musikante van toeka tot nou wat gehelp het om Boeremusiek tot stand te bring en steeds bydra om die genre te bevorder en lewendig te hou!
Hier het ons met een van die hartseer verhale van Boeremusiek te doen. Ons kan maar aanvaar dat van al die Boeremusikante slegs die helfte op plaat of CD opgeneem is! Ek het baie van hulle ontmoet en kan getuig dat hulle enige dag net sulke goeie spelers is of was as die wat wel opgeneem is!
Maar kom ons bepaal ons by ‘n klompie wat wel opgeneem is – nie noodwendig
in volgorde van bekwaamheid of bekendheid nie maar vir die rekord. As u na
‘n sekere Boeremusikant se inligting soek, laat my weet en ek verskaf dit
met graagte aan u!
Die musikante aan wie ek hier hude bring het reeds hulle merk gemaak in Boeremusiek en baie van hulle is nie meer met ons nie. Ander is steeds aktief en ons waardeer hulle volgehoue bydrae.
Op die CD blad sal u van die musiek van hierdie en ander musikante vind.
Voorts gaan ek kyk na die jongklomp - opkomende en baie jong musikante - wat groot belofte toon om Boeremusiek die toekoms in te dra. Klik op die skakels hier bo om meer te lees oor ons Boeremusiek kunstenaars