Musiek
Ten einde Boeremusiek te bevorer bemark ek laserskywe met musiek en videos. Klik op die skakels hieronder om te navigeer na die blad waar u inligting oor vele Boeremusiek CD's en videos sal vind.
Indien u nie vind waarna u soek nie stuur asseblief vir my e-pos! Ek sal u waarskynlk kan help met opnames uit my reuse plateversameling.
Indien u Boeremusiekopnams het wat u graag op laserskywe wil plaas is u ook hartlik welkom om my te kontak.
De videos wat hier beskikbaar is sluit veral videos in wat tydens die TV Boeremusiekkompetisies opgeneem is. Daar is egter ook vidoes van historiese Boeremusiek gebeurtenisse soos die inwyding van die Konsertinabeeld in Pietersburg/Polokwane en die inhuldiging van die Boeremusiek Monument op Lydenburg. Voorts is ek steeds besig om verdere Boeremusiek CD's en DVD's te maak en daarom is dit belangrik dat u van tyd tot tyd my webblad besoek om op die hoogte te bly van nuwe musiek wat beskikbaar is op video en laserskywe.
Stuur gerus e-pos om meer uit te vind! Dis so maklik as om slegs op diee-pos skakeltjie te klik!