![]() |
Boeremusiek Memoirs |
![]() |
Op hierdie blad wil ek graag 'n klompie aangename herinneringe en hoogtepunte in my betrokkenheid by Boeremusiek met u deel. Die geskiedenis van Boeremusiek in Suid-Afrika is goed uiteengesit in die boeke van onder andere, oom Piet Bester (Boeremusiek: Deel 1, 2, en 3) en die boek van oom Wilhelm Schultz (Ontstaan en ontwikkeling van boeremusiek in Suid Afrika).
Dit is geensins die bedoeling om hierdie uitstekende beskrywings te probeer herhaal nie. My memoirs verteenwoordig die uitstaande gebeutenisse in my persoonlike boeremusiek lewe. Die probleem is: daar is so baie! - ek kan maar net enkeles noem:
|
|
Die stigting van die Konsertinaklub van SA. in 1980 in my kantoor in Newcastle en die latere stigtingsvergadering op 12 Maart 1981 in Danie Erasmus se kantoor by die SAUK. | |||
|
|
Die oprigting van Faan Harris en Silwer de Lange se grafstene, die Lydenburg Vastrappers se gedenknaald en die seremonies wat daarmee gepaardgegaan het. | |||
|
|
![]() |
My persoonlike kennismaking met Manie Bodenstein en Lang Willem Fourie bykans 30 jaar gelede. Die twee Konsertinaspelers het 'n baie groot bydrae gelewer tot my boeremusiek kennis. |
![]() |
|
|
Willie Fourie |
|
Manie Bodenstein |
||
|
|
My uitsendings saam met Tinus de Villiers, Martin Jansen en Tinus Esterhuizen, almal by die SAUK! | |||
|
|
My diening op vele komitees van klubs wat Boeremusiek op die hart dra, onder andere... |
Die Konsertinaklub van SA. Die Tradisionele Boeremusiekklub van SA. Die Boeremusiekgilde. Die Boeremusiekgilde - Vaaldriehoek Streek. |
||
|
|
My toekenning as Lewenslange Erelid van die Boeremusiekgilde | |||
|
|
My ATKV en FAK toekennings. | |||
|
|
Meer as 14 Jaar se byeenkomste by Rooihuiskraal en die 49 konsertinaspelers in 2002. |
Nege-en-veertig konstertinaspelers
saam vir die Guinness Book of Records |
||