| Konsertinabewaringsregister |
|
Alvorens ek meer besonderhede verskaf oor die SA Konsertinabewaringsregister is dit miskien interessant m te kyk na die ontstaan en ontwikkeling van konsertinas oor die afgelope aantal eeue. |
|
Sir Charles Wheatstone het reeds in 1829 'n patent vir die eerste "free reed" instrument, wat hy die Symphonium genoem het - geregistreer. Ander "free reed" instrumente sluit die akkordion, mondfluitjie en traporrel in. Al hierdie instrumente het ook 'n besondere "verbintenis" met Boeremusiek! |
| "Free reed" musiekinstrumente werk op die beginsel waar wind of lug oor 'n metaaltongetjie - wat vry beweeg en die klank produseer - gevoer word hetsy deur met die mond daaroor te blaas (soos by 'n mondfluitjie) of deur die wind te verskaf met 'n soort "blaasbalk" (traporrel en konsertina). Die eerste free reed instrument is uit China afkomstig en bekend as die Naw en is 5000 jaar oud! By hierdie instrument word wind deur die longe verskaf. Dit word deur die mond geblaas en vingers word as kleppe gebruik om gaatjies in die bamboespypies, wat resonerende klankkamers is, af te sluit en oop te maak. | |||
|
Die "Naw" en "Sheng" |
Op die webblad van die Horniman Museum word interessante inligting oor konsertinas en ou musiekinstrumente verskaf |
| Volgens verkoopstatistiek was die mondfluitjie die gewildste vrytongetjie instrument ooit! Meer nuwe instrumente het die lig gesien en binne die volgende 50 jaar sou instrumente soos die akkordeon, mondfluitjie, traporreljie, konsertina en bandoneon en al hulle variasies, die lug vul met nuwe klanke. |
![]() |
Intussen is die Boere in Suid Afrika onbewus van hierdie gebeure en speel hulle Boeremusiek rustig voort op hulle mondfluitjies, traporrels, viole en tweery boerekonsertinas, meesal Höhners. |
|
Op hierdie stadium (1840), het Wheatstone op sy Engelse Vierry konsertina met die 48 knoppies gekonsentreer. Nog 'n kenmerk van die Engelse Vierry konsertina was sy koppe met meer rye waarvan die bandjies in die duime gepas het en nie oor die hele hand soos ons dit vandag ken nie. Die sogenaamde Engelse konsertina was nog nie vervaardig nie! |
|
||
|
Bo regs is 'n voorbeeld van so 'n vierry konsertina wat heelwat later steeds vervaardig is (die datum vir hierdie spesifieke konsertina word aangegee as 30 November 1957). Die konsertina met die goue sykante was ook'n voorbeeld van hierdie vierry konsertina en Wheatstone se vlagskip. George Jones het in 1850 die Duits-Engelse konsertina ontwikkel deur die eienskappe van Wheatstone en Uhlich se konsertinas saam te voeg. Hierdie konsertina, toe bekend as die Anglo Duitse Chromatiese Konsertina staan later in Suid-Afrika bekend as die "Engelse Konsertina". Vanweë die groot aanvraag en ook omdat Wheatstone se ambagslui en tegnieke van hoogstaande gehalte was, was hy genoodsaak om hierdie konsertina te vervaardig. Bo en behalwe Engelse konsertinas vervaardig hy ook Tweery, Drie-ry, 3½-ry en 3¾ ry konsertinas. Voormelde konsertinas staan ook bekend as die 20- 30– 32– en 40-keyed. Hierdie was ONS konsertinas en nou kon die Boere ernstig begin speel! Die groot probleem was prys wat meegebring het dat die Tweery aanvanklik die populêrste konsertina was. Tweedens was die musiek nie gekomponeer vir die baie knoppies nie en die 3¾ ry konsertina sou eers in die tweede helfte van die 20ste eeu tot sy reg kom. |
|||
| Konsertinaversamelings | ||||
| Ons is gelukkig dat daar ook Suid-afrikaners is wat so lief is vir die ou konsertinas dat moeite gedoen word om hulle te restoureer en te bewaar. | ||||
| Éd dés Prés van KwaZulu Natal het 'n groot versameling konsertinas (bykans 70 toe ek laas met hom kontak gehad het) en is steeds besig om te restoureer! Regs bo is 'n tweery Linota waarop sy seun Jaques speel en onder 'n pragtig gerestoureeerde driery Wheatstone. |
![]() |
|||
![]() |
||||
![]() |
Danie Venter is nog 'n man wat sy konsertinas sy "kinders" noem! Op die foto links gesels hy en Kalie oor sy versamelings en regs is nog 'n foto van Danie en sy mooi konsertinas. |
![]() |
| Konsertinabewaringsregister | ||||
|
Omdat heelwat moeite in Suid-Afrika gedoen word om konsertinas te restoureer en ook omdat al hoe minder Boeremusiek gespeel word, het Suid-Afrika die teiken geword van persone en instansies wat munt slaan uit die verkoop en uitvoer van waardevolle konsertinas. Om hierdie "verlies" van kultuurskatte onder die aandag van konsetinaspelers en Boeremusiekliefhebbers te bring is besluit om 'n register op te stel waarin soveel moontlik besonderhede van konsertinas in Suid-Afrika aangeteken word. Wia Kotzé en Flip Delport is tans die stukrag agter hierdie projek en verwelkom ENIGE inligting oor konsertinas maar wil graag soveel moontlik besonderhede oor konsertinas en hulle eienaars hê. Vir rekorddoeleindes word fotos van die konsertina, die nommer (waar beskikbaar) en die eienaar geeem en dan word vervaardigingsdata uit die Horniman leêrs bygevoeg om 'n sertifikaat te maak. Konsertina eienaars kan sertifikate bekom deur E-pos vir ons te stuur: |
||||
| of Wia by 082 578 8907 of Flip by 082 809 3990 te skakel | ||||