Home
Wie is ek?
Boeke
CD's
DVD's
Konsertinas
Bewaring
Memoirs
Musikante
Uitbouing
Versameling

 

 

 

  Konsertinabewaringsregister  

  

 

Alvorens ek meer besonderhede verskaf oor die SA Konsertinabewaringsregister is dit miskien interessant m te kyk na die ontstaan en ontwikkeling van konsertinas oor die afgelope aantal eeue.

 

 

 

Sir Charles Wheatstone het reeds in 1829 'n patent vir die  eerste "free reed" instrument, wat hy die Symphonium genoem het - geregistreer. Ander "free reed" instrumente sluit die akkordion, mondfluitjie en traporrel in. Al hierdie instrumente het ook 'n besondere "verbintenis" met Boeremusiek!

 

 

 

Seun met Sheng

"Free reed" musiekinstrumente werk op die beginsel waar wind of lug oor 'n metaaltongetjie - wat vry beweeg en die klank produseer - gevoer word hetsy deur met die mond daaroor te blaas (soos by 'n mondfluitjie) of deur die wind te verskaf met 'n soort "blaasbalk" (traporrel en konsertina). Die eerste free reed instrument is uit China afkomstig en bekend as die Naw en is 5000 jaar oud! By hierdie instrument word wind deur die longe verskaf. Dit word deur die mond geblaas en vingers word as kleppe gebruik om gaatjies in die bamboespypies, wat resonerende klankkamers is, af te sluit en oop te maak.  
 

Die "Naw" en "Sheng"

Op die webblad van die Horniman Museum word interessante inligting oor konsertinas en ou musiekinstrumente verskaf

 
  Volgens verkoopstatistiek was die mondfluitjie die gewildste vrytongetjie instrument ooit! Meer nuwe instrumente het die lig gesien en binne die volgende 50 jaar sou instrumente soos die akkordeon, mondfluitjie, traporreljie, konsertina en bandoneon en al hulle variasies, die lug vul met nuwe klanke.  
 
Te midde van al hierdie nuwe ontwikkellinge in Europa het Sir Charles Wheatstone in Engeland die Sheng begin moderniseer en meganiseer en hy patenteer in 1829 sy Symphonium – die voorloper van die Wheatstone konsertina.
Terwyl Sir Charles Wheatstone in Engeland besig was, het Carl Friedrich Uhlig in Chemnitz Duitsland sy konzertina ontwikkel. Wat veral belangrik is, is die feit dat hy van die begin af 'n diatoniese konsertina gebou het m.a.w. die in en uit van 'n noot het verskil.
Die Symphonium kan beskou word as die heel eerste konsertina!

'n Voor- en agteraansig van die Symphonium

 
  Intussen is die Boere in Suid Afrika onbewus van hierdie gebeure en speel hulle Boeremusiek rustig voort op hulle mondfluitjies, traporrels, viole en tweery boerekonsertinas, meesal Höhners.  

 

 

Op hierdie stadium (1840), het Wheatstone op sy Engelse Vierry konsertina met die 48 knoppies gekonsentreer.  Nog 'n kenmerk van die Engelse Vierry konsertina was sy koppe met meer rye waarvan die bandjies in die duime gepas het en nie oor die hele hand soos ons dit vandag ken nie. Die sogenaamde Engelse konsertina was nog nie vervaardig nie!

 
 

Bo regs is 'n voorbeeld van so 'n vierry konsertina wat heelwat later steeds vervaardig is (die datum vir hierdie spesifieke konsertina word aangegee as 30 November 1957). Die konsertina met die goue sykante was ook'n voorbeeld van hierdie vierry konsertina en Wheatstone se vlagskip.

George Jones het in 1850 die Duits-Engelse konsertina ontwikkel deur die eienskappe van Wheatstone en Uhlich se konsertinas saam te voeg. Hierdie konsertina, toe bekend as die Anglo Duitse Chromatiese Konsertina staan later in Suid-Afrika bekend as die "Engelse Konsertina".

Vanweë die groot aanvraag en ook omdat Wheatstone se ambagslui en tegnieke van hoogstaande gehalte was, was hy genoodsaak om hierdie konsertina te vervaardig. Bo en behalwe Engelse konsertinas vervaardig hy ook Tweery, Drie-ry, 3½-ry en 3¾ ry konsertinas. Voormelde konsertinas staan ook bekend as die 20- 30– 32– en 40-keyed.

Hierdie was ONS konsertinas en nou kon die Boere ernstig begin speel! Die groot probleem was prys wat meegebring het dat die Tweery aanvanklik die populêrste konsertina was. Tweedens was die musiek nie gekomponeer vir die baie knoppies nie en die 3¾ ry konsertina sou eers in die tweede helfte van die 20ste eeu tot sy reg kom.

 

 

  Konsertinaversamelings  
         
  Ons is gelukkig dat daar ook Suid-afrikaners is wat so lief is  vir die ou  konsertinas dat moeite gedoen word om hulle te restoureer en te bewaar.   
  Éd dés Prés van KwaZulu Natal het 'n groot versameling konsertinas (bykans 70 toe ek laas met hom kontak gehad het) en is steeds besig om te restoureer! Regs bo is 'n tweery Linota waarop sy seun Jaques speel en onder 'n pragtig gerestoureeerde driery Wheatstone.  

 

  Kalie & Danie Venter Danie Venter is nog 'n man wat sy konsertinas sy "kinders" noem! Op die foto links gesels hy en Kalie oor sy versamelings en regs is nog 'n foto van Danie en sy mooi konsertinas. Danie Venter by sy konsertinas  

 

  Konsertinabewaringsregister  
         
 

Omdat heelwat moeite in Suid-Afrika gedoen word om konsertinas te restoureer en ook omdat al hoe minder Boeremusiek gespeel word, het Suid-Afrika die teiken geword van persone en instansies wat munt slaan uit die verkoop en uitvoer van waardevolle konsertinas.  Om hierdie "verlies" van kultuurskatte onder die aandag van konsetinaspelers en Boeremusiekliefhebbers te bring is besluit om 'n register op te stel waarin soveel moontlik besonderhede van konsertinas in Suid-Afrika aangeteken word.

Wia Kotzé en Flip Delport  is tans die stukrag agter hierdie projek en verwelkom ENIGE inligting oor konsertinas maar wil graag soveel moontlik besonderhede oor  konsertinas en hulle eienaars hê. Vir rekorddoeleindes word fotos van die konsertina, die nommer (waar beskikbaar) en die eienaar geeem en dan word vervaardigingsdata uit die Horniman leêrs bygevoeg om 'n sertifikaat te maak. Konsertina eienaars kan sertifikate bekom deur E-pos vir ons te stuur:

 
 

of Wia by 082 578 8907 of Flip by 082 809 3990 te skakel  

 

  Flip Delport se konsertinasertifikaat. Kliek vir 'n groter weergawe Hoewel interessante data oor die vervaardiging van die Wheatstone konsertinas beskikbaar is by die Horniman Museum word inligting oor ander konsertinas ook ingesamel en is ons  ook geinteresseerd daarin om konsertinas  wat in Suid-Afrika vervaardig is te dokumenteer. Die dokumentering van Boerekonsertinas  is moeilik omdat hulle eenders lyk en nie reeksnommers het nie maar indien eienaars sertifikate wil hê vir hulle Boerekonsertinas word sertifikate gemaak!

Ons wil graag die INLIGTING bekom en eienaars is derhalwe nie verplig om sertifikate te koop nie! Die inligting wat versamel word sal in boekvorm gepubliseer (en mettertyd opdateer word) word. Die eerste manuskrip van so 'n boek is reeds in wording!

 

Flip Delport se konsertinasertifikaat

 

 

     
  Interessante konsertinas en hulle vervaardigers  
         
  Wheatstone      
   
   

2 ry Linota

3 ry Wheatstone

 
 

Die twee - en driery konsertinas hierbo is ook bekend as beenbekkies in die volsmond of liewer die konsertina mond. Langsaan is 'n 3½ ry soos die konsertina waarmee Manie Bodenstein al vir 55 jaar speel!

 
    3 1/2 ry Wheatstone 3 3/4 ry Wheatstone  
 

Regs is twee van Wheatstone se pronkstukke - 'n 3¾ en 4 ry aeola. Die 3¾ ry behoort aan Nico van Rensburg - 'n 1984 model gebou deur Steve Dickenson op die Wheatstone konsep.

 
   

3 3/4 ry Aeola

4 ry Aeola

 
  Louis Lachenal het op 'n stadium vir Wheatstone gewerk en is later deur Wheatstone gefinansier om sy eie Konsertinas te vervaardig.

 
   

5 ry Lachenal

Edeophone duet

 
         
 

Allan Green

Allen Green kom uit 'n musikale familie en sou aanvanklik viool speel. Hy het by die trekklavier vasgehaak en vandag bespeel hy 20 instrumente, o.a. die konsertina! Hy bou en restoureer ook konsertinas.  
     

Allan

 
 

Koot Brits

Koot Brits is 'n Vrystater wat in my ma sw wêreld - Kestell - gebore is. Koot is een van ons voorste konsertinaspelers en net so goed soos hy speel bou hy konsertinas! Boeremusiek is by Koot 'n passie en dit slaan deur na sy musiek en konsertina bou!  
     

KB 038

 
 

Willie van Wyk

Naas Dolf Opperman en Hannes Vijoen is Willie een van die "oudste" konsertinabouers. Ek is regtig trots om te sê dat die traporrel wat Willie-hulle by die Sondagskool gebruik het nou in my seun se huis staan!  
 

Willie van Wyk

 

Wifra

 
  Hannes Viljoen Oom Hannes het vir Boeremusiek gelewe en was die vonk wat gelei het tot die stigting van die Konsertinaklub van Suid Afrika in 1981 in my kantoor in Newcastle.

 
 

Hannes Viljoen

  Haviltina  
  Pierre Gerber het hierdie konsertina spesiaal vir Corrie Nortjé gebou en later het Marius Louw en Paul Roodt ook elk 'n Olga bekom.

 
     

 Corrie Nortje se Olga