Konsertinas
Konsertinas! Is dit nie maar waaroor alles gaan nie? Die Kitaarspelers sê nee. Sonder 'n kitaar beteken 'n konsertina niks! Die tromspeler sê as daar nie sterk ritme is nie is die orkes "dood". Baie goeie argumente, maar sedert die vroegste dae was daar altyd 'n leier instrument by boeremusiek. In die begin was dit die viool, traporrel, tweery boerekonsertina en later die Wheatstone wat by ons bekend geword het as die "Engelse konsertina" oftewel die konsertina wie se "in" en "uit" note verskil het. Dié konsertina is in der waarheid in Duitsland ontwikkel en aangegee na Wheatstone om te bou. Daar is onmiddellik 4 modelle op die mark geplaas naamlik die 20, 30, 36 en 40 klawer, of soos hulle in die volksmond bekend is: die 2, 3, 3½ en 3¾ ry konsertinas.
Die heel eerste konsertina
Alvorens ek meer besonderhede verskaf oor die SA Konsertinabewaringsregister is dit miskien interessant om te kyk na die ontstaan en ontwikkeling van konsertinas oor die afgelope aantal eeue.
Sir Charles Wheatstone het reeds in 1829 'n patent vir die eerste "free reed" instrument, wat hy die Symphonium genoem het - geregistreer. Ander "free reed" instrumente sluit die akkordion, mondfluitjie en traporrel in. Al hierdie instrumente het ook 'n besondere "verbintenis" met Boeremusiek!
"Free reed" musiekinstrumente werk op die beginsel waar wind of lug oor 'n metaaltongetjie - wat vry beweeg en die klank produseer - gevoer word hetsy deur met die mond daaroor te blaas (soos by 'n mondfluitjie) of deur die wind te verskaf met 'n soort "blaasbalk" (traporrel en konsertina). Die eerste free reed instrument is uit China afkomstig en bekend as die Naw en is 5000 jaar oud! By hierdie instrument word wind deur die longe verskaf. Dit word deur die mond geblaas en vingers word as kleppe gebruik om gaatjies in die bamboespypies, wat resonerende klankkamers is, af te sluit en oop te maak.
Links: Die "Naw" en "Sheng"
Volgens verkoopstatistiek was die mondfluitjie die gewildste vrytongetjie instrument ooit! Meer nuwe instrumente het die lig gesien en binne die volgende 50 jaar sou instrumente soos die akkordeon, mondfluitjie, traporreljie, konsertina en bandoneon en al hulle variasies, die lug vul met nuwe klanke.
Te midde van al hierdie nuwe ontwikkellinge in Europa het Sir Charles
Wheatstone in Engeland die Sheng begin moderniseer en meganiseer en hy
patenteer in 1829 sy Symphonium – die voorloper van die Wheatstone
konsertina.
Terwyl Sir Charles Wheatstone in Engeland besig was, het Carl Friedrich
Uhlig in Chemnitz Duitsland sy konzertina ontwikkel. Wat veral belangrik
is, is die feit dat hy van die begin af 'n diatoniese konsertina gebou
het m.a.w. die in en uit van 'n noot het verskil.
'n Voor- en agteraansig van die Symphonium

Die konsertina wat Charles Wheatstone die "Engelse"
Konsertina genoem het was in der waarheid 'n vier ry of 48 klawer met goue
kante!
Links is 'n foto van Wheatstone se "Engelse Konsertina." Let op die
48 klawers en die goue kante. Dit was in der waarheid Wheatstone se vlagskip
waar hy slegs sy beste materiaal gebruik het. Sy note was in en uit
dieselfde m.a.w, dit was 'n "Duet" konsertina. Ons benaming van "Engelse
Konsertina" is afgelei van die woord :"Anglo Chromatic". Die chromatic is
later gelos en net die "Engels" - "Anglo" het oorgebly.

Intussen is die Boere in Suid Afrika onbewus van hierdie gebeure en speel hulle Boeremusiek rustig voort op hulle mondfluitjies, traporrels, viole en tweery boerekonsertinas, meesal Höhners.
Op hierdie stadium (1840), het Wheatstone op sy Engelse Vier ry konsertina met die 48 knoppies gekonsentreer. Nog 'n kenmerk van die Engelse Vier ry konsertina was sy koppe met meer rye waarvan die bandjies in die duime gepas het en nie oor die hele hand soos ons dit vandag ken nie. Die sogenaamde Engelse konsertina was nog nie vervaardig nie!
George Jones het in 1850 die Duits-Engelse konsertina ontwikkel deur die eienskappe van Wheatstone en Uhlich se konsertinas saam te voeg. Hierdie konsertina, toe bekend as die Anglo Duitse Chromatiese Konsertina staan later in Suid-Afrika bekend as die "Engelse Konsertina".
Vanweë die groot aanvraag en ook omdat Wheatstone se ambagslui en tegnieke van hoogstaande gehalte was, was hy genoodsaak om hierdie konsertina te vervaardig. Bo en behalwe Engelse konsertinas vervaardig hy ook Tweery, Drie-ry, 3½-ry en 3¾ ry konsertinas. Voormelde konsertinas staan ook bekend as die 20- 30– 36– en 40-keyed.
Hierdie was ONS konsertinas en nou kon die Boere ernstig begin speel! Die groot probleem was prys wat meegebring het dat die Tweery aanvanklik die populêrste konsertina was. Tweedens was die musiek nie gekomponeer vir die baie knoppies nie en die 3¾ ry konsertina sou eers in die tweede helfte van die 20ste eeu tot sy reg kom.
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
|
2 ry Linota |
3 ry Wheatstone | 3 1/2 ry Wheatstone | 3 3/4 ry Wheatstone | 3 3/4 ry Aeola |
Die twee - en drie ry konsertinas hierbo is ook bekend as beenbekkies in die volksmond. Heelwaarskynlik omdat die knoppies aanvanklik uit "been" of ivoor vervaardig was.
Konsertina modelle
Terwille van ’n meer volledige benadering word vervolgens kriptiese inligting oor die mees algemene konsertinas en beroemde vervaardigers verskaf.
Konsertinas verskil van mekaar wat betref:
· die klawers en die reeks beskikbaar;
· die plasing van die klawers;
· die klank wat geproduseer word deur die "uit" of "in" aksie van die blaasbalk;
· die grootte en vorm van die instrument;
· die soort fluitjies wat gebruik word; en
· die meganiese aksie van die konsertina om die kleppe na die klank kamers oop en toe te maak.
Engelse tipe konsertinas se vernaamste kenmerk is dat dieselfde noot op die "in" en "uit" aksie van die konsertina verkry word. Engelse konsertinas is ten volle chromaties. Sir Charles Wheatstone word erken as die uitvinder van die Engelse konsertina soos gepatenteer op 19 Desember 1829. (Patent no. 5803).
Die Duitse tipe konsertina produseer verskillende note op die "in" en "uit" aksie en is diatonies of semi-chromaties. Die fluitjies is op 'n lang plaat geplaas met aparte kamers vir elke stel fluitjies en die konsertina het 'n vierkantige/reghoekige vorm.
Anglo konsertinas is 'n kombinasie van
Engelse en Duitse tipe konsertinas. Carl Frederick
Uhlig het die Duitse konsertina in 1834 patenteer. George Jones word
dikwels aangedui as die eerste vervaardiger van die chromatiese
Anglo konsertina. Charles Wheatstone het Anglo konsertinas sedert
die vroeë 1830's vervaardig. Louis Lachenal wat aanvanklik vir
Wheatstone gewerk het, het ook deel gehad aan die ontwikkeling van
die basiese twee-ry Anglo konsertina en so ook John Crabb. Anglo
konsertinas het aanvanklik twee tien ry klawers gehad wat later
uitgebrei is om 36, 38, 40 en meer klawers in te sluit. Die
konsertina is tipies heksagonaal maar ander vorms kom ook voor.
Hierdie konsertina register bevat voorbeelde van beide Engelse en Duitse tipe konsertinas. Hierdie afdeling word uitsluitlik gewy aan Anglo-Duitse konsertinas. (Sien “Boerekonsertinas” vir voorbeelde van Duitse konsertinas)
’n
Voorloper van die Wheatstone Konsertinas, bekend as a “Symphonium” is deur
Wheatstone gepatenteer op 19 Junie 1829 volgens die ontwerp van die Chinese
“free reed” mondfluit of “Sheng”. Konsertinas soos ons hulle vandag ken is egter
reeds in 1836 as volwaardige “nuwe” musiekinstrumente vervaardig en bemark. Die
Wheatstone konsertina met sy volle chromatiese “Engelse” sisteem het gou byval
gevind by amateur musikante maar ook by ervare virtuose en komponiste. Verskeie
sonatas, concerto’s en kamermusiek komposisies deur komponiste soos Tchaikovsky,
Macfaren, Benedict, Perry Granger, Charles Ives, Molique, Rigondi en Silas het
gedurende die negentiende en vroeë agtiende eeu verskyn maar het ook plek gevind
by die werkersklas orkeste in Noord Engeland asook by die Heilsleër (Salvation
Army).
Teen 1847 was die konsertina produksie van Wheatstone reeds goed gevestig toe hy Louis Lachenal, ’n Switserse ingenieur, ontmoet het. Gedurende die jare 1847 tot en met 1868 het Wheatstone hom tydelik onttrek van die konsertina fabriek en hom toegespits op akademiese navorsing by die Kings Kollege in Londen. Hy raak weer meer aktief betrokke na die dood van sy broer William in 1868 waarna hy verdere konsertina patente ontwerp en registreer.
Hy sterf op 19 Oktober 1875 in Parys aan bronchitis tydens ’n besoek aan die Franse telegraaf instansies om sy jongste ontwerpe op hierdie gebied te toets en te bevorder. Wheatstone se vele ontwerpe en betrokkenheid by die ontwikkeling van die konsertina is te veel om in besonderhede hier te beskryf.
Die vêrsiendheid van Mnr. Harry Minting, die laaste bestuurder van Wheatstone en Kie in die 1950’s verdien spesiale vermelding. Mnr. Minting het die fassinerende stel produksierekords en loonboeke van vernietiging gered toe die Wheatstone fabriek deur Boosey en Hawkes oorgeneem is. Hierdie rekords stel ons ook vir doeleindes van die konsertinaregister in staat om konsertinas te identifiseer en ’n aanduiding te gee van hulle vervaardigings datums en ander beskrywings. Die Kings Kollege het na Charles Wheatstone se dood gebruik gemaak van ’n bemaking uit sy boedel om ’n spesiale gallery van sy ontwerpe in die ou George III museum tot stand te bring wat bekend gestaan het as die “Wheatstone Laboratory”. Hierdie versameling is oor die afgelope 40 jaar aangevul en bewaar as die “CM Collection” (Konsertina Museum versameling).
Sedertdien is die negentiende eeuse lêers van die konsertina museum versameling aangekoop deur die Horniman Museum met ’n aansienlike bydrae van die “Heritage Lottery Fund” en die “MGC/Science Museum PRISM” fonds. Twintigste eeu lêers is op bruikleen beskikbaar gestel uit die versameling van Steve Dickenson wat die dokumente bekom het met sy aankoop van “C Wheatstone & Co.” in 1975.
Vanaf die konsertinas met reeks nommers na 340 is meer 48-klawer instrumente gemaak maar ook 32-, 38-, 40-, 44-, 45-,46– en 50-klawer modelle.
In 1876 berig die Musical Times:
“Mr Richard Blargove's ten concertina concerts......have proved in the highest degree interes-ting, not only as demonstrating of how much these instruments are capable in the hands of experienced performers, but as really good specimens of artistic and well-considered entertainments of chamber music”.
Massaproduksie van Wheatstone konsertinas was sedert die 1840’s moontlik onder die bestuur van Louis Lachenal by die Wheatstone fabriek en is teen die laat 1850’s verder verfyn in Lachenal se eie fabriek.
Die Wheatstone Aeola verdien vermelding en is reeds in 1898 vervaardig. Die eerste Aeola konsertinas was 6 kantig en die agt kant Aeolas soos ons dit vandag ken is eers in 1901 vervaardig waarskynlik as teenvoeter vir die “professionele” swart “Edeophone” konsertina van die Lachenal fabriek. In hierdie register het ons enkele Aeola konsertinas wat heelwat later vervaardig is asook ’n Lachenal Edeophone.
Inligting oor Wheatstone konsertinas kan gratis afgelaai of besigtig word by:
![]() |
Louis Lachenal
arriveer op 18 jarige ouderdom op 29 Desember 1839 in Engeland. Sy
aankoms sertifikaat identifiseer hom as horlosiemaker. Daar is min
bekend oor Lachenal voordat hy by die Wheatstone firma aangesluit het.
Lachenal het as bekwame gereedskapmaker skroefies voorsien vir
Wheatstone konsertinas en teen 1846 was hy reeds goed ingeburger by die
firma. Hierdie tydperk was ook die hoogtepunt vir ingenieursontwerpe. |
Lachenal Edeophone no. 28821, 56 klawers. © Chris Algar |
|||
|
Lachenal sterf op 40
jarige ouderdom op 18 Desember 1861 waarna sy eggenote Elizabeth, die
besigheid bedryf. Die naam verander na Lachenal & Co. In 1883 na Mev.
Lachenal die besigheid aan vyf werknemers van die firma verkoop het. Sy
sterf op 6 September 1904. “Lachenal & Co” stel hulle nuwe “raised-ended concertina in hexagonal form “ in die laat 1880’s bekend. Die Lachenal fabriek vervaardig ook die 12 kant Edeophone met die eerste model ongeveer in 1889. Dit is onbekend wanneer die besigheid gesluit is maar waarskynlik gedurende die 1933 depressie. Louis Lachenal se dogter Marie was ook ‘n ervare en welbekende konsertinaspeler. Sy het haar vader se konsertinas bevorder lank na sy dood en nadat haar moeder die familiebesigheid verkoop het. |
![]() |
![]() |
![]() |
Marie Lachenal was die oudste van die 9 Lachenal kinders. Sy trou met Edwin Debenham ’n bekende vroeë negentiende eeuse fotograaf. Hy het dit onder andere geniet om foto’s van Marie en sy gesin te neem, Die foto’s toon Marie met haar konsertina asook ’n ovaal kamee foto van haar op 70 jarige ouderdom. | |
![]() |
Die twee broers John en Charles Crabb het saam met Charles Wheatstone
konsertinas vervaardig. Charles Crabb en sy twee dogters het lewenslank
vir Wheatstone gewerk—die dogters waarskynlik betrokke by die maak van
konsertina boeke. John Crabb het na 17 jaar by Wheatstone ’n vennootskap aangegaan met ’n Mnr. Nicholds en die Firma Nicholds, Crabb & Kie gestig. In 1860 stig John Crabb sy eie besigheid bekend as J. Crabb & Sons waarna die firma besigheid verskuif na Liverpool Rd. N1. |
![]() |
![]() |
| Dié firma maak aanspraak daarop
dat hulle die uitvinders van die Anglo konsertina is. Dit is bekend dat
die “tinker” Charles Jefferies konsertinas op sy reise na die platteland
verkoop het wat deur Crabb voorsien was. Jefferies stig later sy eie besigheid en neem die mark van Crabb oor terwyl Wheatstone teen dieselfde tyd goed gevestig is as vervaardigers van die Anglo konsertina. Wheatstone het ook die patent vir die McCann duet konsertina verkry wat Crabb by hom koop en ’n groot aantal Crane Duet konsertinas vervaardig in die eerste helfte van die negentiende eeu toe die firma aan sy seun Harry en later dié se seun Henry—die vader van Neville en Geoff - behoort het. Die besigheid het bly voortbestaan hoofsaaklik met die herstel van konsertinas en die vervaardiging van ander musiekinstrumente. In 1970 is daar egter ’n oplewing in die besigheid en begin meer bestellings instroom met ’n waglys van ongeveer drie jaar. Die firma vier hulle 150 ste bestaansjaar in 1981. |
|||
![]() |
![]() |
Jacob Charles Jeffries (bekend as Charles Jeffries) is
gebore op 31 Mei 1841 en was getroud met Mary Ann Knight (gebore in 1843
te Devonshire). Charles en Mary Ann het vier seuns en drie dogters gehad.
Twee van die seuns Charles (jr.) en Thomas het na hul vader se dood die
besigheid bedryf. Harry Crabb beskryf Charles Jeffries soos volg : "Charlie Jeffery was a tinker, in the 1870s, who used to go round with a barrow mending pots and pans. When he didn't get any tinkers' work, he used to busk on the concertina: People would say ‘we like that, can you get us one made?’—so that’s how he got started." Baie volledige inligting is beskikbaar oor die Jefferies familie hier |
![]() |
|
|
Daar word aangedui dat Jefferies 'n "Brushmaker" was wat sy ambag by sy vader, Jacob Jeffries geleer het. Hy het waarskynlik sy eerste konsertina in die vroeë 1860’s gekry. Een scenario lui dat hy waarskynlik by funksies van die “Society of Brushmakers” konsertina gespeel het.
|
![]() |

Suid Afrikaanse konsertina bouers
Inligting oor ons uitstekende konsertina bouers word afsonderlik hanteer. U kan hier meer lees oor Suid Afrikaanse konsertina bouers.
Konsertina Versamelings
Ons is gelukkig dat daar ook Suid-Afrikaners is wat so lief is vir die ou konsertinas dat moeite gedoen word om hulle te restoureer en te bewaar. Hier is inligting oor twee versamelaars wat ek raakgeloop het. Ons is bewus daarvan dat daar meer versamelaars is en sal graag van u wil hoor. Indien u 'n besondere versameling konsertinas het vertel ons hier graag meer daaroor.
Éd dés Prés
Éd dés Prés van KwaZulu Natal het 'n groot versameling konsertinas (bykans 70 toe ek laas met hom kontak gehad het) en is steeds besig om te restoureer! Regs bo is 'n tweery Linota waarop sy seun Jaques speel en onder 'n pragtig gerestoureeerde drie ry Wheatstone.

Danie Venter
Danie Venter is nog 'n man wat sy konsertinas sy "kinders" noem! Op die foto links gesels hy en Kalie oor sy versamelings en regs is nog 'n foto van Danie en sy mooi konsertinas.