|











| |
| |
Konsertinas! Is dit nie maar waaroor alles gaan nie? Die
Kitaarspelers sê nee. Sonder 'n kitaar beteken 'n konsertina niks! Die
tromspeler sê as daar nie sterk ritme is nie is die orkes "dood". Baie goeie
argumente, maar sedert die vroegste dae was daar altyd 'n leier instrument
by boeremusiek. In die begin was dit die viool, traporrel, tweery
boerekonsertina en later die Wheatstone wat by ons bekend geword het as die
"Engelse konsertina" oftewel die konsertina wie se "in" en "uit" note
verskil het. Dié konsertina is in der waarheid in Duitsland ontwikkel en
aangegee na Wheatstone om te bou. Daar is onmiddellik 4 modelle op die mark
geplaas naamlik die 20, 30, 36 en 40 klawer, of soos hulle in die volksmond
bekend is: die 2, 3, 3½ en 3¾ ry konsertinas. |
|
| |
Die konsertina wat Charles Wheatstone die "Engelse"
Konsertina genoem het was inderwaarheid 'n vier ry of 48 klawer met goue
kante!
Regs is 'n pragtige foto van Wheatstone se "Engelse Konsertina." Let op die
48 klawers en die goue kante. Dit was inderwaarheid Wheatstone se vlagskip
waar hy slegs sy beste materiaal gebruik het. Sy note was in en uit
dieselfde m.a.w, dit was 'n "Duet" konsertina. Ons benaming van "Engelse
Konsertina" is afgelei van die woord :"Anglo Chromatic". Die chromatic is
later gelos en net die "Engels" - "Anglo" het oorgebly. |

|
|
| |
In 2003 het ons - dis nou Wia Kotze, Johan de Bruin, Dawn
Lourens en ekselwers - 'n boeremusiek boek - Vyftien Goue Jare - begin skryf.
Omdat die inligting so min was het ek besluit om 'n oorsig oor Boeremusiek te
skryf van die jaar 1700 tot nou. Groot was my onsteltenis toe ek bykans geen
vroeë inligting oor Boeremusiek kon bekom nie. Ek het toe my vriend - Flip
Delport genader en hom gevra om navorsing oor die konsertina te doen. |
|
| |
As ons kon uitvind wanneer die eerste konsertinas die
land binnegekom het dan het het ons 'n goeie idee wanneer Boeremusiek in
Suid Afrika begin speel is! Groot was ons verbasing toe ons die oudste
bekende konsertinas kon opspoor en hulle maar slegs 1929 modelle was wat
behoort aan Wynand Jacobs en Dirk Fourie. |
|
| |
 |
Die oudste konsertinas wat ons tot dusver kon opspoor was
dié twee. Links Wheatstone nr. 32123 van Dirk Fourie en regs Wheatstone nr
32128 - van Wynand Jacobs - beide met vervaardigingsdatum 6 Januarie 1929.
As u 'n ouer konsertina het hoor ons graag van u! |
 |
|
| |
Wheatstone 32123 |
Wheatstone 32128 |
|
| |
 |

|
|
| |
Hierdie navorsing het daartoe gelei dat daar begin
is met 'n Nasionale Konsertinabewaringsregister waarin ALLE konsertinas in
Suid Afrika gelys word. So, as u 'n konsertina besit, of weet van iemand wat
een het, maak seker dat hy in die register kom! Die kontak nommers vir die
register is: Kalie de Jager by 082 578 8907 of Flip Delport by 082 809 3990.
BAIE BELANGRIK!! Ons het reeds 'n lys van meer
as 400 konsertinas met fotos van meer as 250 konsertinas en beoog om die
eerste uitgawe van die Konsertinaregister vroeg in 2007 beskikbaar te stel.
Stuur asseblief dringend vonkpos vir Wia Kotzé of skakel Flip Delport of
Kalie om seker te maak dat u konsertina ingesluit sal word by die register!
Die keerdatum hiervoor is Februarie 2007! |
|
| |
E-pos vir Wia |
E-pos Flip
|
Skakel Kalie: 082 578 8907 |
|
| |
Uit hierdie register het 'n ander blink gedagte ontstaan: 'n
Konsertinasertifikaat waarop die eienaar, sy konsertina, die
konsertinanommer, die vervaardigingsdatum van die konsertina (uit die
Wheatstone rekords) en 'n foto van die vervaardiger verskyn. Die sertifikaat
word in A4 grootte gedruk en kan geraam word. Die koste is R50 vir so 'n
sertifikaat. Die kontaknommers vir die sertifikaat is: 082 578 8907 - Dr.
Wia Kotze - dis haar breinkind en sy maak die sertifikate. Sy verkies om
self die fotos te neem want 'n baie duidelike nabyskoot van die
konsertinanommer word benodig. |
|
| |
Ons is in die gelukkige posisie dat ons puik
Konsertinabouers in Suid Afrika het. Willie van Wyk bou die Wifra terwyl
Koot Brits die KB reeks bou. Hy het so pas sy 40ste KB afgelewer! Allen
Green van die Kaap bou die Olgas wat drie klawers meer het as die 40 klawer
Wheatstones. Lees meer oor die konsertinabouer
hier. |
|
| |
 |
Op die foto hiernaas speel Regardt de Bruin op 'n Wifra en
Japie de Jager op 'n KB (Koot Brits) konsertina.. Dis net voor Willie Fourie
ernstig siek geword het. Hy staan 5'e van regs. Heel links speel Koot Brits op
een van sy eie konsertinas. |
|
|