Wie is ek?

 

 

 

Ek is gebore in Pietersburg (Polokwane) in die verre Noord Transvaal  (Limpopo) waar ek my eerste blootstelling aan Boeremusiek gehad het. Ek het grootgeword met die klank van konsertina, kitaar en vrolike Afrikaanse sang - my mense speel geslagtelank al Boeremusiek! Met hierdie agtergrond was dit onvermydelik dat ek 'n selfopgelegde lewensideaal sou ontwikkel om Boermusiek te versamel, bewaar en bevorder.

My huidige versameling omvat 750 uur se Boeremusiek - in 78 spoed vorm, langspeelplate, bande, CD's - waarvan baie van bogenoemde nie meer in die handel beskikbaar is nie. Met ander woorde ook Boeremusiek wat ek self by verskillende geleenthede opgeneem het.

Bo en behalwe die musiek sluit my versameling ook die apparaat in om die musiek te speel. Ek het die tydrowende taak aangepak om hierdie musiek op CD's op te neem en beoog om sodanige CD'beskikbaar te stel aan ander liefhebbers van Boeremusiek. Kliek gerus op die CD Indeks skakel om te sien watter CD's beskikbaar is.

Afgesien van Boeremusiek sluit my plateversameling ook klassieke musiek, jazz, country en verskeie ander genres in.

Indien u meer besonderhede oor my plate/musiekversameling wil bekom stuur vir my 'n e-pos . Klik op die E-pos skakeltjie en skryf sommer dadelik vir my...