Boeremusiek vandag

Die jongklomp!

Terug na die indeks

 

Boeremusiek kan slegs lewendig gehou word vir die nageslag indien ons die jongmense aanmoedig om hartlik mee te doen en meer te leer van Boeremusiek. Gelukkig is daar ‘n mooi klompie jong mense wat Boeremusiek speel. Die dames bring deesdae ook hulle kant!

Die Boeremusiekgilde maak dan ook voorsiening in hulle jaarlikse Boeremusiekkompetisie vir Laerskool en Hoërskool orkeste. Daar is egter twee probleme: Eerstens word die jongelinge so vinnig groot en tweedens leer hulle so vinnig dat hulle die pryse voor die ouer garde wegraap! So was daar die Kempton Park Junior Boereorkes wat tot naaswenners in die TV Boereorkes kompetisie derugedring het. Hulle Konsertinaspeler was Jasper van Rensburg. Ander jongelinge wat vinnig opgang gemaak het en intussen uit Boeremusiek verdwyn het  is onder andere Jurie Olckers, Rikus Nel en Regardt  de Bruin Henning Joubert en Jaco van Deventer

Die jongste groep wat wegstap met die groot pryse en die ouer spelers goed laat bontstaan is die Penkoppe  -'n laerskooolorkes van Krugersdorp. So ook die Monnas - 'n Hoërskool orkes ook van Krugersdorp. In Bloemfontein maak die Grey Kollege orkeste steeds 'n bydrae en Christo Wolmarans is aktief besig om jong musikante aan die Oosrand betrokke te kry en te hou by Boeremusiek.

Gelukig is daar ook entoesiaste wat werk maak daarvan om Boeremusiek onder jongmense te bevorder. Hier dink ons veral aan Eben Louis Vorster en sy makkers wat 'n lewendige groep op Facebook aan die gang hou.

Ongelukkig is daar ook jonger spelers wat wegraak uit Boeremusiek omdat hulle belangstelling in ander instrumente begin ontwikkel. Ons taak moet wees om hierdie spelers terug te wen vir Boeremusiek! Nie ‘n maklike taak nie want Boeremusiek as sulks moet eers lewendig gemaak word voor dit kan gebeur.

Wie is hierdie jong kunstenaars en wie is hulle leermeesters??

Jong musikante wat in 2009 tydens 'n byeenkoms van die Boeremusiekgilde by die Voortrekker Monument opgetree het.

Ek wil graag nuus plaas van hierdie en ander musikante. Stuur asseblief vir my e-pos om meer oor hulle en ander jongmense wat Boeremusiek bevorder te wete te kom.

Kom ons begin mby jong musikante wat in die verlede Boeremusiek betrokke was...

Sommige van die jong musikante het van die Boeremusiektoneel verdwyn en ander sien ons nou tussen die "ouer garde".Ons hou die fotos terwlle van die "Geskiedenis" om nie te vergeet waar hulle begin het nie...

Hier speel Regardt de Bruin lekker saam met die groot snorre by Rooihuiskraal.

Regardt se sukses verhaal: Op 10 jarige ouderdom leer hy speel . Op 12 jaar maak hy sy eerste CD. Op 13 jaar maak hy sy tweede CD. Op 14 jaar wen hy sy eerste boeremusiek kompetisie op kykNET!! Daar wag ‘n mooi en belowende toekoms op hierdie jong man en ons wens hom net die beste toe! Ons verneem dat Regardt itussen  ‘n uithaler Saksofoon en kitaarspeler geword het!

Willie Botha was baie klein toe ek hom vir die eerste keer by Pioniershuis hoor speel het. Hy is dan ook die enigste persoon wat by Fanie Bosch geleer konsertina speel het. Vandag sien ons hom steeds by byeenkomste maar wel as senior speler. Hierdie foto toon hom waar jy jare gelede by Piomershuis saam met orlede Wilie Fourie speel.

 

Jurie Olckers was nog ‘n leerling by John Vorster Tegnies toe hy die kalklig begin steel het. Jurie is ‘n goeie eksponent van akkoorde. Intussen het  hy ook gevorder tot die geledere van die senior spelers en sien ons veels te min van hom by Gilde byeenkomste!

Die Teelepeltjies . Hierdie outjies was nog so klein toe hulle begin Boeremusiek speel het dat hulle afrigter hulle Teelepeltjies genoem het en die naam is behou tot vandag toe. Gelukkig sien ons die orkes nog steeds by byeenkomste waar hulle deesdae saam met die ouer garde speel. Rikus Nel was ook een van die belowende jong musikante enkele jare gelede. Hy het later aangesluit by Dozi se orkes en ons sien hom ook nie meer by Gilde byeenkomsste nie. Henning Joubert het net soos sommige ander van die Boeremusiektoneel verdwyn en ons wonder waar hy hom tans bevind.

2009 se  Jong musikante

 

Die dames

 

 

Deesdae bly die dames nie agter nie. Madelein Potgieter is die dryfkrag agter 'n ddamesorkes wat viinnig opgasn maak. Hier is fotos van haar orkes in 2008

Cindy Ueckermann

Erna Cronning

Annetjie Coetzee

Dié jong dametjies was Entoesiastiese ondersteuners in 2008. MEns gl en hoop hulle salso voortgaan en oor baie jare nostalgies terugin an hulle erste bltstelng en pret tydens boeremusiekbyeenkomste saam met uoers of grootouers.. Die ondersteuners is natuurlik nie minder belangrik as die musikante nie...

Die damesorkes wat saam met Madelein Potgieter opgetree het by die Voortrekker Monument in 2008

Melanie Marais

Rika Herbst het geen bekendstelling nodig nie. Hedendaags ondersteun sy die dames goed. Rika is reeds van kleins af te siene by Boeremusiekbyeenkomste waar sy veral baskitaar speel maar sy kan self ook 'n konsertina goed kielie.

Rika!! Ons het meer jong muskante en onderstueners soos jy nodig!! Baie dankie vir jou entoesiasme deur die jare...

Natuurlik is hierdie slegs 'n paar van die dames wat hulle merk maak in Boeremusiek en is daar ook in die ander takke van die Gilde dames oos Nicola Brown en Mariaan Wiese wat geen bekendstelling nodig het nie. Hou so aan dames!! Ons hou julle fyn dop!

Rika Herbst

 

Mariaan Wiese

Mariaan is ook leidster van die Kaapse Affodille vroueorkes

Nicola Brown

     

Laerskool Grey Kollege olv. Santjie Louw

Santjie Louw rig die jong Boeremusiek orkes van die Grey Primêre skool af. Die ouderdomme vaa die orkeslede wissel tussen 10 en 12 jaar.

Hier onder is die orkeslede saam met Santjie tydens 'n Boeremusiekbyeenkoms by die Voortrekker Monument in Junie 2009

Die Penkoppe

 

 

Eben-Louis Vorster is die dryfkrag agter die Penkoppe orkes van Krugersdorp. Hierdie jong orkes is besig om groot opslae te maak en raap selfs pryse weg voor die groter manne en ouer garde se neuse. Hulle suksesse die afgelope tyd sluit onder andere die volgende in:

Mei 2008: Wenners - Laerskoolafdeling by die Noordstreek uitdunne van die Boeremusiekgilde

11 Oktober 2008 - Wenners Laerskoolafdeling van die Nasionale kompetisie van die Boeremusiekgilde

In 2009 wen hulle weer die Laerskoolafdeling by die Noordstreekuitdunne

In 2009 wen hulle ook die eerste Radio Pretoria Junior Boereorkeskompetisie en slaan 'n CD kontrak los by Leo musiek in die proses. Die CD is nou oral op die winkelrakke beskikbaar.

Op 3 OKtober 2009 wen hulle weer die Laerskoolafdeling tydens die Nasionale kompetisie van die Boeremusiekgilde. Dylan Emslie erower die Nico vn Rensburg wisseltrofee vir die beste Laerskoolkonsertinaspeler

Hulle afrigter Eben Louis Vorster wen die trofee vir die beste afrigter van 'n skoolorkes en om die kroon op alles te plaas wen die voortreflike orkessie ook die eerste wenners van die orkes met die beste voorkoms.

Hartlik geluk met al die wonderlike prestasies. Ons hou julle fyn dop en ontvang graag nuus!

Vlnr: Buddy Marais, CJ van Aswegen , Dylan Emslie,  Eben Louis Vorster, Wouter Maritz, Quinten Bothma, Jean-Elize Marais

Die Monnas

Die Monnas   -  Boereorkes van die Hoërskool Monument in  Krugersdorp - is nog 'n jong  orkes wat vinnig opgang maak. Hullle het hulle eie musiekkamer by die skool en oefen gereeld onder die bekwame leiding van Neil Taylor.  Juan Rheeder is die konsertinaspeler en leier van die orkes. Die ander lede wissel gereeld namate hulle die skool verlaat en Juan is die enigste van die oorspronlike orkeslede wat sedert die stigting van die orkes steeds 'n lid is.

Hoogtepunte van die orkes sluit die volgende in:

In Augustus 2009 Tree hulle op uitnodiging van die Tshwane Youth Arts Festival in die Staatsteater in Pretoria op. Dit was hulle vierde optrede by die geleentheid.

Hulle tree ook op by ses ander feeste gedurende die jaar en ook vir die vierde keer by die Aardklopfees in Potchefstroom.

'n Ander merkwaardige eerbetoon is hulle nominasie deur die Mokgale Stadsraad vir 'n toekenning by die Toerismeraad vir hul bydrae op kultuurgebied. Tydens hierdie gala-geleentheid word hulle op 29 September as wenners in die afdeling Kuns en Kultuurmusiek en -orkeste aangewys. Voorwaar 'n merkwardige prestasie.

Intussen het Juan Rheeder ook die troumars by sy konsertina repertoire gevoeg nadat die orkes genader is om die troumars by 'n huwelikseremonie te speel. Dit het aanleiding gegee tot meer  sulke optredes.

 

Hoërskool orkeste Junie 2009

Daar is natuurlik nog meer jong orkeste waarvan ek graag meer sal wil  weet en vertel. Stuur gerus vir my die besonderhede!

Die volgende Hoërskool orkeste het deelgeneem aan die Noordstreek uitdunne van die Boeremusiekgilde by die Voortrekker Monument in Junie 2009. Die Monnas het hierdie kompetisie gewen.