Boeremusiek Boeke
Die geskiedenis van Boeremusiek in Suid-Afrika is reeds in besonderhede beskryf en kan onder andere nageslaan word in die volgende geskrifte:
Drie boeke van
Piet Bester:Bester, P. Tradisionele Boeremusiek 'n Gedenkalbum, Sigma Pers, eerste druk, Pretoria, 1987
Bester, P., Boeremusiek, Tweede gedenkalbum, Perskor, Eerste Uitgawe 1993.
Bester, P. Boeremusiek Derde Gedenkalbum, BSB Drukpers, Eerste druk, eerste uitgawe, 2003




Wilhelm Schultz:
Die Ontstaan en Ontwikkeling van Boeremusiek, AVA Systems, 2001
Die Tradisionele Boeremusiekklub het in 2001 sy twintigste bestaansjaar gevier en met hierdie publkasie hulde gebring aan almal wat hulle beywer om die voortbestaan van Boeremusiek te verseker.


15 Goue Jare
Boeremusiekgilde, 15 Goue Jare - 1989 - 2004, Bakwena, 2004.
Die boek is uitgegee ter herdenking van die eerste 15 jaar van die Boeremusiekgilde.
Ek was 'n redaksielid van die jongste Boeremusiek boek wat in 2004 deur die Boeremusiekgilde uitgegee is. Hierdie boek genaamd 15 Goue Jare herdenk die eerste 15 jaar van die bestaan van die Boeremusiekgilde. Die boek word verkoop deur die Boeremusiekgilde. Stuur vir my e-pos indien u belangstel om die boek te koop.
Die boek is 'n fotobeeld van huidige en oorlede boeremusiekante en gee ook 'n oorsig van die geskiedenis van Boeremusiek en musiekinstrumente soos die konsertina oor die afgelope 300 jaar. 'n Spesiale hoofstuk word ook gewy aan verskeie jong musikante en die boek word afgesluit met wetenswaardighede en fotos van die onderskeie takke van die Boeremusiekgilde.
Die redaksie:
Agter: Johan de Bruin en Kalie de Jager
Voor: Wia Kotzé en Dawn Lourens
Dan
Worrall:
The Anglo-German Concertina - A
Social History Volume 1 & 2 (Con certina Press Fulshear, Texas. www.angloconcertina.org )Dan Worrall het meer as 20 jaar nagevors oor die konsertina en konsertina musiek. Die resultaat hiervan is twee uitsonderlike boeke wat in 2010 die lig gesien het.


Hoofstuk 5 (Volume 2) "The concertina and the Boers of South Africa" handel spesifiek oor Boeremusiek en die geskiedenis van die konsertina in Suid-Afrika. Dan Worrall het goedgunstiglik toestemming verleen aan Wia Kotzé om hierdie spesifieke hoofstuk van sy boek in Afrikaans te vertaal. Die kleiner Afrikaanse weergawe van die boek word verkoop deur die Boeremusiekgilde.
Die agterblad teks Van die Engelse weergawes van Dan Worral se boeke lees soos volg:
German and Anglo-German concertinas were by far the most popular
forms of the instrument in the late nineteenth and early twentieth centuries,
and were a favourite of working class people around the world. They were played
by Irish peasants, London street musicians, Yorkshire Mummers, Boer Trekkers,
Australian Diggers, Salvation Army lassies and Zulu mineworkers. By sailors in
the age of sail, Mormon pioneers in covered wagons, New Zealand sheep-shearers,
and Inuit dancers in the High Arctic. By bushrangers and smugglers, music hall
artists, street beggars and just plain folks.
These concertinas were a true global phenomenon, in many ways shaping the
popular music of that era. They also are a modern phenomenon, enjoying a revival
of interest that crosses international and cultural boundaries. This is the
first comprehensive history of the instrument.
This two volume history makes extensive use of primary sources from period
newspapers, books and journals. There are over 400 illustrations, charts and
period photographs, as well as note-for-note transcriptions of numerous early
recorded players.
Dan Worrall has previously written "The Anglo concertina music of William Kimber"
published by the English Folk Dance and Song Society in 2005, as well as
numerous articles on the history of the concertina at "The Concertina Library" (www.concertina.com)
and in the "Papers of the International Concertina Association" He holds a Ph.D.
in geology, is retired from petroleum industry research, and lives on a farm in
Southeastern Texas. He has played both the Anglo-German and English concertinas
for over twenty-five years.