|











| |
| |
Boeremusiek
Ons
Kultuurerfenis
|
 |
|
| |
Ek hoor iemand nou die
dag sê dat as iemand nog nie ‘n taal of musiek vorm aangeneem het nie, dan
is hy nog nie ‘n mens nie! Ons beskou Boeremusiek as deel van die
“Boerekultuur” omdat dit spontaan onder die Afrikaner ontstaan het met sy
eiesoortige styl en wysies hoofsaaklik gespeel op die konsertina, traporrel,
mondfluitjie en die viool.. Presies wanneer boeremusiek die lig gesien het,
is nie so maklik om vas te stel nie. Daar is egter genoeg bewys dat dit
reeds op die Groot Trek gespeel is. Daar moet in gedagte gehou word dat die
plat plaat (78 opm), eers in 1899 ontwerp is en dat die eerste opnames van
Boeremusiek eers in 1928 op die “Regal” etiket opgeneem is! Daarvandaan is
dit maklik om die spoor van Boeremusiek te volg. |
| |
 |
So het ons
gedokumenteerde Boeremusiek begin. Kliek op die etiket om die detail te sien.
Hierdie is die outentieke Regal plaat van die Vyf Vastrappers se polka.
Hierdie polka is later herdoop tot "Draaibobbejaan". |
|
| |
|
|
|
|
| |
Dit was dan ook ‘n
uitgemaakte saak dat die onthaal by troues in die 18’e en begin 19’e eeu
met Boeremusiek opgevrolik is en waar die mense sommer 'n week lank
partytjie gehou het as gevolg van die lang afstande wat afgelê moes word! My
oupagrootjie se broer – Rooi Albertus de Jager, was 'n konsertinaspeler wat
op die meeste van hierdie troues in die Verre Noord Transvaal, (Limpopo),
gespeel het. |
 |
|
| |
|
|
Fred
van Zyl se Boeredansgroep |
|
| |
 |
Dit was in hierdie tyd
wat die Soutpansberg- settees en -polka die lig gesien het. Sy broer Rooi
Chris was weer deel van die Hooggekraal orkes. Oom Hannes Buitendach het
hulle goed geken!
Links: Oom Hannes Buitendach |
 |
|
| |
Dit is dan ons erfenis. Nou wat doen ons daarmee?! Is dit
nie ons plig om dit te bewaar vir die wat na ons kom? Die feite sê vir ons
daar is al minder musikante wat Boeremusiek speel en die jong mense wat dit
wel speel slaan baie maal oor na ‘n ander musiek genre. So die taak is nie
sò maklik nie maar dit maak ons net meer vasberade. |
|
|