Home
Wie is ek?
Boeke
CD's
DVD's
Konsertinas
Bewaring
Memoirs
Musikante
Uitbouing
Versameling

 

 

 

 

 

 

Hartlik welkom

 

by

Kalie de Jager
se
Boeremusiek!

 

 

Hierdie webblad is spesifiek daarop toegespits om die: Versameling...Bewaring...en Uitbouing...van Boeremusiek aan te spreek.

Hier sal u meer te wete kom oor die ontstaan en ontwikkeling van Boeremusiek, musikante van toeka en nou, byeenkomste en aktiwiteite van Boeremusiekliefhebbers en sommer alles wat Boeremusiek so lekker maak! Ek wil u aanmoedig om noue kontak met my te behou en om aktief met my te skakel oor wyses waarop ons Boeremusiek lewendig kan hou vir sovele mense wat plesier vind in hierdie besondere aspek van ons Suid- Afrikaanse kultuurerfenis.

Ek is die afgelope 40 jaar daadwerklik besig met die versameling, bewaring en uitbouing van Boeremusiek in Suid-Afrika. Hierdie webblad word gewy aan my liefde vir die genre as kultuurerfenis, daarom het ek besluit om dit met 'n wyer gehoor te deel. Ek is ook aktief betrokke by Boeremusiek Klubs en gildes en woon sover moontlik byeenkomste van Boeremusiekliefhebbers by om in kontak te bly met die kunstenaars en hulle bewonderaars.

Ek glo dat 'n interaktiewe webblad baie daartoe kan bydra om Boeremusiek te bevorder en wyer bekend te stel daarom wil ek u graag uitnooi om die geleentheid te gebruik om met my te kommunikeer. Stuur asseblief vir my e-pos en moenie vergeet om 'n boodskap en u besonderhede in my gasteboek te laat nie! 


Kom ons gesels Boeremusiek!!


Kies 'n tema aan die linkerkant van die bladsy!
 

 

<a href="www.atkv.org.za"
title="ATKV">ATKV - Ons maak 'n verskil in Afrikaans</a>
Bo en behalwe Boeremusiek is ek ook trots daarop om 'n webblad in Afrikaans aan te bied. Ons ondersteun graag die aktiwiteite van die ATKV en nooi u graag uit on hulle webblad te besoek. Klik op die ATKV logo hier om so te maak!